Video: Animasiekunstenaars skets Lonmin-bloedbad

Animasiekunstenaars van Taiwan het ʼn video gemaak van die onlangse skietery by Lonmin se Marikana-my naby Rustenburg.

Dit volg nadat ʼn onwettige staking op 16 Augustus in ʼn skietery ontaard het waartydens 34 mense dood en 78 beseer is. Die polisie moes ondermeer met rubberkoeëls, traangas en verdowingsgranate op betogers by die myn losbrand. Die polisie het gesê hulle het geen ander keuse gehad as om geweld te gebruik nie.

Die animasie-video is op 31 Augustus deur NMATV op YouTube gelaai. Te oordeel na al die negatiewe kommentaar onderaan die video, word dit nie baie goed ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Hierdie tipe video’s word algemeen deur die Taiwannese NMA.tv uitgesaai. Daar is skreeusnaakse, oordrewe voorbeelde van ander animasienuus ook beskikbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.