Video: Apie doen inkopies

Darwin, die Ikea-apie

Klante by ‘n Ikea-winkel in Toronto, Kanada was Sondagmiddag oorbluf om ‘n apie, geklee in ‘n klein skaapvelbaadjie op te merk.

Volgens die polisie het die apie op sy eie in die parkeerterrein rondgehardloop. Personeel van Ikea het die apie in ‘n hoek gelok voordat hulle die polisie en die stad se dierebeskermingsvereniging ontbied het.

“Die apie was nooit in die winkel nie,” het stafsersant Ed Dzingala, woordvoerder vir die polisie in Toronto, gesê. “Die eienaar het later met die polisie in verbinding getree.” Die eienaar is beboet omdat dit nie wettig is om die apie aan te hou nie.

Darwin, die 7 maandeoue resus-apie het uit ‘n parkeerde motor ontsnap. Hy is tans veilig by die Story Book Farm, ‘n sentrum vir primate. ‘n Spottende Twitter-rekening, @ikeamonkey is ook vir die apie geskep en het binne 24 uur duisende volgelinge gehad. Twitter het egter intussen dié rekening opgeskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.