ʼn Dief het die baba Jesus-beeldjie uit ʼn kerk in Kalifornië se Kersverhaal-uitstalling gesteel.
Lidmate van die St Peter Lutherse Kerk in Modesto het ʼn week voor Kersfees die uitstalling voor die kerkgebou neergesit met Josef, Maria en ʼn baba Jesus. Later dié aand het lidmate egter ontdek die harsstandbeeldjie is weg.
“Die beeldjie was ʼn week later nog steeds vermis,” het pastoor Ryan Cortright aan Fox40 gesê. ʼn Pop, wat in ʼn wolkombersie toegedraai is, is toe ingespan om die baba Jesus te verteenwoordig.
“Ek weet nie of enigiemand nog ontsteld is nie,” het Cortright gesê. “Dit is jammer, maar dit is ook bietjie laf. Mens kan nie Christus uit Kersfees steel nie. Dit is die wonder van Kersfees.”
Dit was Herodus!