Video: Baie duur stoel in motorhuis opgespoor

‘n Paartjie van Colorado in Amerika het onlangs uitgevind dat hulle al ‘n jaar lank eintlik ‘n baie duur stoel in hul motorhuis gestoor het.

Sarah Keepers en haar man, James Hull, skaf gereeld meubelstukke aan wat hulle by motorhuisverkopings opspoor wat hulle dan deur hul besigheid, Shabby Chic, verkoop. ‘n Stoel, wat hulle verlede jaar vir $5 (sowat R50) aangeskaf het, is egter glo ‘n oorspronklike Herman Miller-stoel wat in die 1940s vervaardig is, berig KDVR. Dié stoel staan al maande lank en stof opgaar in die paartjie se motorhuis. “Ons het dit byna aan ‘n liefdadigheidsorganisasie geskenk,” het Keepers gesê. “Maar ek het die stoel van nader bestudeer en besef dit is ‘n Herman Miller.”

Die stoel, wat as ‘n “Plywood Chair” bekendstaan, is in 1946 vervaardig. Stoele uit dié reeks is bykans onmiddellik in die permanente versameling van die Museum van Moderne Kuns opgeneem. ‘n Oorspronklike stoel het in die verlede al tussen $14 000 (R140 000) en $140 000 (R1,4 miljoen) behaal.
http://youtu.be/qVGYlU6doso

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.