Video: Barack Obama se oorwinningstoespraak

Barack Obama het Woensdagoggend, Suid-Afrikaanse tyd, onder die toejuiging van duisende ondersteuners sy oorwinningstoespraak gelewer nadat hy herverkies is as president van Amerika. Dit was ʼn taai stryd tussen hom en die Republikeinse presidentskandidaat, Mitt Romney.

Obama is, sedert die Tweede Wêreldoorlog, die tweede Demokraat om vir ʼn tweede termyn herverkies te word. “Ons is ʼn Amerikaanse familie en ons sal saam val en opstaan. Die beste is nog op pad vir ons nasie,” het hy gesê. Hy het ook almal bedank wat aan die verkiesing deelgeneem het.

Sy inspirerende toespraak is deur The New York Times op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.