Video: Barmhartige samaritaan spring op treinspoor om man te help

Christopher Knafelc

Die vervoerpolisie in Philadelphia, Amerika, eer ‘n plaaslike man as ‘n held nadat hy op die moltrein se spoor gespring het om ‘n man, wat van die platform afgeval het, te help.

Christopher Knafelc (32) het Donderdagmiddag in noord Philadelphia vir die trein staan en wag toe hy sien hoe ‘n 63-jarige man van die platform afstap en val. Hy het op die spoor gespring om die man te help, ten volle bewus daarvan dat die volgende trein binne ‘n paar minute sou opdaag. Hy het die man se kop en nek stabiel gehou totdat die brandweer opgedaag het. Die treinverkeer is gestaak.

Thomas J. Nestel III, hoof van polisie vir die suid-oostelike Pennsylvania Vervoerowerheid, het gesê Knafelc is ‘n held. Hy sê ondersoekbeamptes weet nie waarom die man op die spoor geval het nie. Hy is na ‘n hospitaal geneem en is in ‘n stabiele toestand.

http://youtu.be/yPzGBxCWh3Y

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.