Video: Bedelaar “sonder bene” staan op en loop weg

‘n Bedelaar in Glenhoveweg, Johannesburg, wat motoriste laat glo het dat hy nie bene het nie, het sosiale media laat gons nadat dit aan die lig gekom het dat hy motoriste nog die hele tyd kul.

‘n Sekuriteitsbeampte, wat die gebied patrolleer, het onlangs ‘n video van die man geneem waar hy sy persoonlike besittings bymekaar maak, opstaan en wegstap. Motoriste het tot dusver net gesien hoe die man op sy kartonbord in die pad sit, en was nie bewus dat sy bene eintlik onder sy hemp weggesteek word nie.
Die video is deur LookLocalJHBNorth op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maryna ·

Dis flippen laag… Hoe spot mens met sulke goed. My man se een been is 13jr terug geampiteer en vir ons is dit nog steeds swaar. Soms voel dit of ons net kan opgee en bedel. Maar my man is ñ trotse mens hy is ñ vragmotor bestuurder en ja hy is nog steeds op die lorries. Ek weet nie hoe kan daar gespot word sonder bene nie. Dis hoekom ek nie mense op straat help nie. Ek sal eerder dit wat ek nie wil hë nie vir kinderhuise gaan gee. SKANDE!!!

Wessel van Vuuren ·

Waar trek ‘n mens die streep? Ek weier ook om hierdie bedelaars op straat te help en het al vir hulle werk aangebied net om te sien hoe vining hulle dan verdwyn en nie weer op daardie plek staan en bedel nie. Ek ondersteun eerder daardie wat op straat nog iets prober verkoop om ‘n inkomste te maak. Maar nou weer, het hulle wat die goed so verkoop op straat dit wettig bekom of nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.