Video: Bejaarde bel glo polisie om bier te bring

bejaarde bierʼn Bejaarde vrou van Memphis in Amerika is verlede week in hegtenis geneem nadat sy glo op Nuwejaarsdag die noodnommer 911 geskakel het om haar te help om ‘n bier te bekom, het The Smoking Gun berig.

Rosie Pate, 68, het glo op Nuwejaarsdag die polisie gebel nadat sy en haar kleindogter begin stry het. Pate het haar glo gedwing om ʼn blikkie bier te gaan koop, maar toe die kleindogter weier, het Pate haar geslaan. Sy het daarna glo 911 geskakel en gevra of hulle haar kan uithelp met ʼn blikkie bier en Coca Cola. Pate is Donderdag vrygelaat. Volgens ʼn kriminele klagstaat wat The Smoking Gun bekom het, het Pate se kleindogter ʼn skraapwond onder haar oog opgedoen.

Pate het egter later aan ʼn plaaslike televisiekanaal, WREG, gesê die beweringe is onwaar. “Ek is 68 en het nog nooit die polisie gebel om vir my bier te bring nie,” het sy aan die stasie gesê. Pate beweer sy het die polisie gebel om hulle oor die argument in te lig, maar dat sy nie vir alkohol gevra het nie. “Ek sal nie die polisie bel om hulle te vra om vir my bier te bring nie,” het sy gesê.

Sy is egter steeds aangekla van huishoudelike aanranding en omdat sy die 911-nommer aangemeld het sonder om ʼn noodgeval aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.