Video: Bejaarde ry myle ver aan verkeerde kant van snelweg

Beeldmateriaal uit die video

Beeldmateriaal uit die video

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. Joseph Dorcely (86) van New York in Amerika wat aan demensie ly, het ʼn hele aantal kilometer aan die verkeerde kant van die pad gery voordat hy uiteindelik afgetrek is.

Dorcely het glo byna 13 km ver op die snelweg gery

Beeldmateriaal van ʼn selfoonkamera wys hoe Dorcely aan die verkeerde kant van die snelweg ry terwyl aankomende verkeer op hom afpyl.

ʼn Verkeersbeampte wou hom aftrek en is self byna getref, al was sy sirene en ligte aangeskakel.

Die owerhede het die pad by die Harriman- en Woodbury-tolplazas gestop om die hoeveelheid verkeer op die pad te verminder.

Dorcely se seun, Jean, het aan News 12 Westchester gesê sy pa ly aan die vroeë stadia van demensie en word al maande lank nie toegelaat om te bestuur nie. Hulle het sy pa Maandag egter ʼn paar uur lank vermis. Hy het glo in die regte rigting gery, maar net in die verkeerde baan. Hy was ongeveer 20 km van die huis af.

Hy word glo tans by ʼn plaaslike hospitaal behandel. “Hy weet nie eers hy is in die hospitaal nie,” het Jean gesê. “Hy weet nie wat gebeur het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.