Video: Bejaardes in nood bygestaan

Die video volg onderaan die berig. Huis Hermon, ‘n versorgingsoord vir verswakte en behoeftige bejaardes in Pretoria, maak nou staat op die welwillendheid van vrywilligers om inwoners te versorg.

Werkers by die oord staak sedert Maandag. Lees meer hier. Personeel eis ‘n 10% salarisverhoging terwyl Huis Hermon 7% aanbied.

Helpende Hand van die Solidariteit Beweging het egter ingespring om dié bejaardes in hul nood by te staan.

Die video is deur Burger Meyer van Maroela Media vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

anita ·

Dit is werklik besonders dat vrywilligers inspring, die toekoms vir ons almal sal wees om mekaar by te staan waar nodig vir ons oorlewing, maar dankie dat daar persone is wat die weerloses onder ons versorg
mag meer persone se harte aangeraak word.

H J Bester ·

Optrede van hierdie aard sal dalk in die toekoms al meer en meer die algemene moet raak en nie die uitsondering nie.

En moenie die welwillendheid van geesgenote onderskat nie – daar is baie meer wat bereid is om te help as wat mens mag dink. Dis dalk goed as mens meer en meer op hierdie wyse ingestel is want dit gaan waarskynlik al meer die leefwyse in die toekoms word.

F Marais ·

Hoekom kan ek nie die video kyk nie? Die woorde This video is private, verskyn op die skerm.

Paul ·

Wys jou net, ons kan sonder stakende boewe bo uitkom. In ander dele van die wêreld kom die blankes uitstekend oor die weg deur hande te vat en mekaar te help. Kom ons doen dit!

Juanita du Preez ·

Dankie vir die harde werk by Huis Hermon Michelle en die res van die Handjies! Julle het GOED gedoen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.