Die Afrikaanse akteur en wenner van Survivor SA, Hykie Berg, het onlangs die groot vraag aan die liefde van sy lewe, Melissa Jacobs, gevra.
Hy het Melissa op Valentynsdag by haar werksplek gaan verras terwyl die videokamera gerol het. Sy mening: “Sulke oomblikke word nie genoeg deur mense op film vasgevang nie.” Hy skerts voorts dat mense sy video wyd kan versprei, selfs na die SAID en die regering. Op die video speel Berg ʼn liedjie, gaan op sy knieë en sê ʼn romantiese gedig voor waarna hy die ring uithaal.
Hykie het aan Maroela Media erken dit was ʼn baie senutergende oomblik, maar op die ou end was dit alles die moeite werd.
Die video van sy groot vraag is verlede week op YouTube gelaai.
http://youtu.be/WbWIvkrKT0I
Stuur Asseblief Alle berigte aan my