Video: Beste aktrise val by Oscars

Jennifer Lawrence. Foto: justjared.com

Jennifer Lawrence het Sondagaand tydens vanjaar se Oscar-toekennings op ʼn trappie gegly en geval toe sy onderweg was om haar goue beeldjie vir die Beste Aktrise in ʼn hoofrol te gaan haal het.

Sy het darem nie seergekry nie en het gesê: “Dankie, die enigste rede hoekom julle almal opstaan is omdat julle jammer voel omdat ek geval het, wat ʼn groot verleentheid was, maar dankie.”

Lawrence (22) het die toekenning gekry vir haar rol in die fliek Silver Linings Playbook.

http://youtu.be/u6miQ-Tns3g

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.