Video: Betogings teen ‘geheimhoudingswet’

Talle optogte vind Dinsdag landwyd plaas teen die Wetsontwerp oor die Beskerming van Inligting waaroor die parlement later vanmiddag sal stem.

Joernaliste en lede van die publiek betoog buite die ANC se hoofkwartier in Johannesburg. Meeste van die betogers is in swart geklee terwyl sommiges hulle monde toegeplak het. ʼn Groep Soweto-inwoners het by Hector Pietersein-plein in Orlando Wes bymekaargekom. Volgens die inwoners is die voorgestelde wetsontwerp ʼn “skending van hulle regte”. Die inwoners sê die wetsontwerp sal hulle reg om te weet skend, aangesien hulle nie sal weet wat aangaan in die regering waarvoor hulle gestem het nie. Die betogings maak deel uit van die Nasionale Persklub se “Swart Dinsdag”-veldtog en die Right2Know-veldtog. Die ANC sal na verwagting vanmiddag om 14:00 van sy meerderheid gebruik maak om die wetgewing deur die Nasionale Vergadering te voer. Die ANC het “Swart Dinsdag” vroeër beskryf is niks meer as ‘n verdraaiing van die feite nie. Daar is kommer dat die wetgewing die media sal muilband. Daar is ook veral kommer oor die uitsluiting van ʼn openbare belange-verweer. Op 19 Oktober 1977, die sogenaamde “Swart Woensdag”, het die destydse apartheidsregering koerante soos The World, Weekend World en die Christelike publikasie Pro Veritas verbied.

Lees ook Herman Toerien se bydrae hier, die oorspronklike nuusberig hier en Reint Dykema se bydrae hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.