Video: Bielie van ‘n baba!

Addyson Gale Cessna

Die Cessna-gesin van Pennsylvania in Amerika vier die koms van hul nuwe baba, wat tot dusver die grootste baba nog is wat in Armstrong County Memorial-hospitaal gebore is.

Addyson Gale Cessna het met haar geboorte 13 pond 12 onse (bykans 6kg) geweeg en was meer as 2 voet (60cm) lank. “Ek dink as ma’s dink ons almal ‘dit moes seer gewees het’,” het dr. Yannie Narcisse, een van die dokters wat die bevalling hanteer het, aan KDSK gesê. “En hulle is reg. Dit is ʼn groot baba.”

Addyson is met ʼn keisersnee gebore.

George King, ʼn baba van Engeland, is die tweede grootste baba nog ooit wat natuurlik gebore is. Hy het 15 pond 7 onse (7.12 kg) geweeg.

Anna Bates van Kanada se baba wat in 1879 gebore is, skop egter stof in almal se oë. Baba Bates het 23 pond 12 onse (10.48kg) geweeg en was meer as 30 duim (76cm) lank.
http://youtu.be/s0xktTBBbCo

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Morne ·

HEL!!!! Sy kan bly wees dit was nie n normale geboorte nie,,,
Ek sou die ma baie jammer gekry het,,, en dan sou ek die pa vir die res van sy lewe jammer gekry het,,, lol,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.