Video: Binne die Kenia-bloedbad

Foto: @KenyaRedCross/Twitter

Foto: @KenyaRedCross/Twitter

Die video volg onderaan die berig.

Een van die ooggetuies wat in Nairobi, Kenia in die Westgate-winkelsentrum was toe ʼn groep mans losgebrand en talle mense, waaronder ʼn Suid-Afrikaner, doodgeskiet het, het ʼn video van die voorval aan CCTV Africa gestuur.

Die nuuskanaal het die video Sondag op YouTube gelaai en is reeds byna 200 000 keer gekyk. Maroela Media het vroeër berig drie kragtige ontploffings gevolg deur geweerskote is Maandagoggend nog buite die winkelsentrum gehoor terwyl veiligheidsmagte steeds probeer het om ʼn bloedige terreuraanval tot ʼn einde te bring.

Volgens die Keniaanse weermag word minder as tien gyselaars steeds in die winkelsentrum aangehou nadat gewapende aanvallers dit Saterdagoggend bestorm en op mense losgebrand het. Volgens berigte is minstens 68 mense in die aanval dood en meer as 170 beseer. Die Suid-Afrikaner wat in die aanval dood is, is intussen geïdentifiseer as die 57-jarige sakeman James Thomas.

Lees ook:
Kenia-bloedbad: SA’ner se naam bekend
SA’ner sterf in Nairobi-aanval
Kenia-bloedbad: SA’ners in winkelsentrum vasgevang, skietery duur voort
Nairobi-winkelsentrumskietery: Al-Shabaab se twiets
Minstens vyftien dood in Nairobi-winkelsentrumskietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.