Video: Blinde musikant glo deur polisie aangerand

Goodman Nono

Twee video’s volg onderaan die berig. Polisiebeamptes het Maandag glo ‘n blinde musikant in Groentemarkplein in Kaapstad aangerand.

Laura Newnham, winkeleienaar, het op Twitter gesê Goodman Nono speel gereeld in die gebied, maar het glo slegs ‘n permit om op sekere tye te speel. Hy het glo buite sy aangewese tyd aanhou speel en nie aan die polisie gehoor gegee toe hulle hom versoek het om op te hou speel nie, berig EWN.

Volgens Newnham was daar ses polisiebeamptes op die toneel. “Hy is op die grond gedruk en sy kitaar is gebreek,” het sy bygevoeg.

Die blinde Goodman onderhou glo sy vrou en gestremde dogter. Iemand het glo reeds ‘n nuwe kitaar aan hom geskenk en hy is vrygelaat. Hy is ‘n boete van R1 500 opgelê.

Helen Zille, premier van die Wes-Kaap is glo bewus van die voorval.
Daar is nog nie kommentaar van die polisie beskikbaar nie.

‘n Video wat ná die voorval geneem is volg en ‘n video waar Goodman sy kitaar speel volg heel onderaan.
Klik hier om meer oor Goodman te lees.
http://youtu.be/emI9p4gsFYw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kaspaas ·

8 Polisiemanne/sekuriteits beamptes om een blinde man te arresteer. Dit wil gedoen wees. Danksy die SAPD ( SA Patetiese Dienste)

InaT ·

Was daar nie ‘n beter manier om die situasie te hanteer nie? Goeie genade. En dan moet die arme man nog R1500 boete betaal!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.