Video: Blinde vrou uit nudistesentrum geskop oor groot gidshond

Laura en haar hond

Sharon Fowler en haar hond Laura

Die video volg onderaan die berig.

‘n Blinde vrou wat in ‘n oord in Pasco, Florida woon waar die dra van klere opsioneel is, is aangesê om die sentrum te verlaat omdat haar gidshond te groot is.

Die oord, Paradise Lakes Resort, het vir die vrou, Sharon Fowler, glo ‘n nagmerrie geword. Toe sy en haar gesin in die oord kom woon het, het hulle op hul aansoekvorm aangedui dat sy blind is, en van haar gidshond, Laura afhanklik is. Die oord het die aansoek goedgekeur al was haar Laura aansienlik groter as die oord se perk van ongeveer tien kilogram.

Fowler het vier jaar gelede begin blind word, en het ‘n siekte wat bloedvate aftakel. Haar gehoor is die sintuig wat volgende gaan ingee. Fowler meen sy en die hond ken nou die omgewing, en sy kan met die hond se hulp na die naaste inkopiesentrum stap.

Sy is egter onlangs deur die trustees aangesê om óf van Laura ontslae te raak, óf te trek. Haar pleidooie het op dowe ore geval, en sy het haar tot die hof gewend.

Die trustees het geskik, en die saak is teruggetrek. Die trustees het egter appél aangeteken, en ‘n hofsaak lê nou voor.

Die volledige berig in die Tampa Bay Times kan hier gelees word.

Ander bronne: New York Daily Times, Yahoo News

http://youtu.be/_2Pfk2DAnak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.