Video: Boer moet hof toe na hy glo werker aanval

Flippie Engelbrecht en sy ma

Die video volg onderaan die berig. ʼn Boer van die Wes-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn werknemer, Flippie Engelbrecht (19) só aangerand het dat hy blind en met epilepsie gelaat is, sal binnekort in die Ashton-streekshof verskyn, het The Star Maandag berig.

Engelbrecht, was 15 jaar oud toe hy en sy pa glo in Januarie 2010 aangeval is. Tydens die vermeende aanval het sy kop glo ʼn wyntenk getref en hy is later blind gelaat en het epileptiese toevalle begin kry.

Die Star berig verder Engelbrecht het gebrand toe hy tydens ʼn epileptiese toeval in September in ʼn vuur geval het en albei sy hande moes geamputeer word.

Intussen berig The Star het ʼn prokureur, Carina Papenfus, ʼn video gemaak en op YouTube gepubliseer. In die video vertel Flippie se ma, Katrina Engelbrecht, van die voorval.

Die boer van ‘n wynlandgoed buite Robertson en sy plaasbestuurder sal na verwagting op 31 Julie in die Ashton-streekshof verskyn. Klik hier om meer te lees.
-SAPA
http://youtu.be/9Cpd_e-gIO0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

WakkerLoop ·

Carina Papenfus is groot gif. Sy blaas hierdie tipe van ding aan. Vertrou NIKS waarby sy betrokke is nies. Erge aktivis en rassis en daarop uit om die blankes aan te kla by Menseregte… Dis ‘n feit. Mense, “nothing is what it seems”…ons moet wakkerloop.

Kaspaas ·

Is Tannie Papenpus nie ook die een wat gaan moeilikheid soek het met Sunette Bridges nie ? Lykmy sy is ‘n oorgekwalifiseerde libtard. (sal gaaf wees as sy Mandela ook wil aanvat oor sy Kerkstraat bom – of is dit dalk die kleur wat hier die deurslag gee ? )

Burns ·

Hopelik sal die ander koerante wat nie so in NASPERS se agterente opgekruip is nie, sien wie en wat me Papenfus eintlik is…

Sien die artikel in die Cape Times http://capetimes.newspaperdirect.com/epaper/viewer.aspx New Twist in Flippie Saga.

En ook hier is bietjie meer inligting http://www.2oceansvibe.com/2013/09/06/flippies-spokesperson-accused-of-lying-to-bolster-case-against-rietvalleis-johnny-burger/

Mens moet maar seker maak van jou “informasie” voordat daar voorblad artikels geskryf word – en ek sal dubbeld seker maak voor ek enige iets wat me Papenfus kwyt raak glo – aangesien sy nie beskou kan word as die mees “eerbaarste voormalige prokureur” in die land nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.