In afwagting op verdere gewelddadige betogings deur vermeende plaaswerkers in die Wes-Kaap, doen Cosatu ‘n beroep op boere om hul werknemers beter lone te betaal.
Die werkers het hul staking tot 4 Desember uitgestel om alle partye die kans te bied om ‘n verbeterde minimumloon vir plaasarbeiders te onderhandel. Die minister van arbeid het egter nou gewaarsku dat die lone eers in Maart 2013 bepaal kan word.
Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.