Video: Boere op die aardsdrempel

boers at the end of the worldDie video volg onderaan die berig. Richard Finn Gregory, ʼn rolprentvervaardiger van Kaapstad, beplan om ʼn dokumentêr te verfilm oor 800 Boerefamilies wat ná die Anglo-Boereoorlog na Argentinië gevlug het.

Daar is steeds sowat 45 mense wat Afrikaans praat en verstaan, maar slegs 10 wat Afrikaans vlot kan praat. Die gemeenskap het hulself hoofsaaklik in die Chubut-provinsie gevestig.

“Ek voel meer Afrikaner as Argentyn,” sê een van die persone in die lokprent vir die dokumentêr. “Eerste is ek Suid-Afrikaner. Altyd,” sê ʼn ander lid van die gemeenskap.

Tony Leon het, terwyl hy Suid-Afrika se burgemeester in Argentinië was, ten minste een keer die gemeenskap gaan besoek.

Meeste van die persone het nog nooit Suid-Afrika besoek nie, maar hulle probeer so veel as moontlik die Afrikaanse kultuur en tradisies lewendig hou soos “Tannie met die rooi rokkie” en “Suikerbossie” wat op die trekklavier gespeel word.

Die rolprent, Boers at the end of the world (Boere op die aardsdrempel in Afrikaans), word vervaardig deur The Good Work Picture Company en hulle wag nou vir finansiering om die volledige rolprent te vervaardig. Die fliek sal in drie tale uitgereik word, naamlik Afrikaans, Spaans en Engels met subtitels vir elk.

Klik hier om die rolprent se Facebook-blad te besoek.

Bron (besoek die skakels om meer te lees): Daily Maverick, Indiegogo en Film Contact

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.