Video: Borgaansoek van vermeende ontvoerder uitgestel

Die borgaansoek van ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn 18-jarige meisie probeer ontvoer het buite ʼn hoërskool in Florida in Johannesburg is Woensdag in die Roodepoort landdroshof uitgestel.

Landdros John Baloyi het die saak tot 11 November uitgestel aangesien ʼn uitkenningsparade nog moet plaasvind. Mohammed Adams (21) sal in aanhouding bly tot sy borgaansoek voortgesit word. Die ma van die meisie het vroeër ʼn emosionele uitbarsting in die hof gehad. “Jy het my dogter ontvoer,” het sy in trane aan Adams geskree. Baloyi het haar gevra om buite die hofsaal te wag. “Ja kyk vir my,” het sy aan Adams se familielede geskree terwyl sy die hofsaal verlaat het. Die ondersoekbeampte, Boitumelo Mareko, het getuig dat Adams nie moet borg kry nie aangesien hy na die skool kan gaan en die meisie kan probeer intimideer. Adams is verlede maand in hegtenis geneem nadat hy die meisie glo probeer ontvoer het buite die Hoërskool Die Burger. Dit is dieselfde skool waar Louise de Waal ontvoer en vermoor is. Adams het die meisie glo met ʼn skroewedraaier gedreig en in sy motor se kattebak probeer dwing. ʼn Veiligheidswag het die polisie in kennis gestel van die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.