Video: Borrelgom-kunswerke word landswyd geëet

Foto: JHBLive, Facebook

Die borrelgommaatskappy, Chappies, is tans met ʼn bemarkingsveldtog in Johannesburg besig.

Duisende stukkies van dié borrelgom is oor die naweek op ʼn muur in Parkhurst geplak om ʼn kunswerk van een van die handelsmerk se feite uit te beeld: “Het jy geweet ‘n waatlemoen bestaan 92% uit water?” Die maatskappy het Maandag dieselfde projek by die Greenside Design College in Gleneaglesweg, Greenside, aangepak. Dié keer is 10 000 stukkies borrelgom gebruik.

Ses van dié kunswerke sal landswyd geskep word. Die eerste drie kunswerke was in die Wes-Kaap by Woodstock-stasie, Khayelitsha en Kaapstad-stasie. Die vierde was die kunswerk in Parkhurst, Johannesburg en die vyfde in Greenside, Johannesburg. Klik hier om na video’s van die ander kunswerke te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.