‘n Brand het Woensdagaand die historiese Holy Family College se skoolsaal én vier klaskamers verwoes.
Die brand het omstreeks 21:00 op die eerste verdieping van die saal uitgebreek en na die dak versprei, waarna die dak op die grondvloer ineengestort het, het die Mail & Guardian Donderdag berig.
Brandbestryders van die Johannesburgse nooddienste het vir meer as ʼn uur gespook om die brand te blus. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Die gebou is onlangs opgeknap. Die skade is na beraming R12 miljoen. Die saal is in 1935 gebou en al die skool se trofeë en eregrade was onder andere daar uitgestal.
Die video is deur ʼn JacarandaFM luisteraar aan die radiostasie verskaf, wat dit op YouTube gelaai het.