Video: Brandbestryder ‘n “dubbele held”

Fran Cheney

‘n Brandbestryder van Philadelphia, Amerika, is as ‘n dubbele held bekroon nadat hy ‘n vrou uit ‘n brandende huis bevry het.

Fran Cheney het hom Woensdag na die tweede verdieping van ‘n huis gehaas om Mary Jackson, wat in die slaapkamer vasgevang was, te bevry. Volgens Huffington Post het die vrou reeds aan die rook begin stik en het gesukkel om asem te haal. Cheney het sy suurstofmasker afgehaal en dit vir haar aangesit, voordat hy haar na haar veiligheid gedra het.

“As ek oor my eie lewe bekommerd was, sou ek nie hier gewees het nie, en sou my kollegas ook nie hier gewees het nie,” het Cheney gesê. “Dis wat ons doen. Dis wie ons is.” Maar sy heldedaad het nie hier gestop nie. Cheney het sy $500 (sowat R4 000) oortydgeld ook aan die Jackson-gesin oorbetaal om hulle finansieel te help.

Cheney se optrede is egter deur owerhede kritiseer. Alhoewel hy nie ernstig beseer is nie, is hy vir rookinaseming by die Temple University-hospitaal behandel. ‘n Administrateur van die departement het hom vir sy optrede berispe. Die departement het intussen berig dat hulle nie verdere dissiplinêre stappe teen hom sal doen nie.

Volgens Cheney sal hy weer sy lewe waag om ‘n slagoffer te red.
Minneapolis News and Weather KMSP FOX 9

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.