Video: Brande in die Wes-Kaap

Brande woed in die Franschoek-area. Foto: @ewnreporter

Nog brandbestrydingspanne is ontbied om te help met die brande wat steeds voortwoed in die Wes-Kaapse berge.

Linton Rensburg, woordvoerder van Working on Fire (WoF), sê nog 10 brandbestrydingspanne is ontbied. “Die spanne kom van regoor die land en teen more sal ons ʼn ekstra 395 brandbestryders hier hê.” Rensburg sê daar is aanvanklik 14 brandbestrydingspanne ontbied om die brande te blus. “Vyf ander spanne wat op gereedheidsgrondslag was, is Dinsdagoggend van die Oos-Kaap en die Vrystaat ingebring.” Rensburg sê die brande in die Cederberg, wat reeds vir ʼn week woed, is vroeg Dinsdagoggend onder beheer gebring terwyl die brand in die Franschoek-area steeds voortwoed. Die brande was gister buite beheer in onder meer Dutoitskloof, Klapmuts en Clanwilliam.

Die video wys hoe die brande gister in die Franschoek-area woed:

http://youtu.be/W1VyYLaFmW0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.