Video: BRICS-beraad: SA-sekuriteit byna in bakleiery met Putin se lyfwagte

President Jacob Zuma en pres. Vladimir Putin van Rusland Foto: GCIS/SAPA

ʼn Skandalige voorval is by die BRICS-beraad in Durban voorkom nadat ʼn bakleiery tussen pres. Vladimir Putin, president van Rusland, se lyfwagte en plaaslike sekuriteitsbeamptes byna uitgebreek het.

Die plaaslike sekuriteitsbeamptes wou Putin se lyfwagte nie in die gebou toelaat nie, berig RT.com. Terwyl Putin en sy eweknie, president Zuma belangrike sake bespreek het, het die plaaslike sekuriteit hul pos baie ernstig opgeneem en Putin se lyfwagte die deur gewys.

In die video, wat deur joernaliste buite die gebou opgeneem is, betree Putin die gebou en sy Russiese lyfwagte volg hom, maar ʼn Suid-Afrikaanse wag met ʼn militêre uniform verhoed hulle egter om in te kom. Aanvanklik het die Russe probeer om hulle teen te staan, en verduidelik dat hulle deel is van die Russiese afvaardiging, maar die Suid-Afrianer het geskree: “Uit! Uit!”, berig RT.com verder.

Die lang Russiese wagte het weer gepoog om in te gaan, maar ondanks sy klein statuur het die Suid-Afrikaner ʼn teenargument in die vorm van ʼn vuurwapen aan sy gordel gehad. Ná ʼn vlugtige botsing het die Russiese lyfwagte teruggetrek.

Die lyfwagte is glo later in die gebou toegelaat.

Dmitry Peskov, woordvoerder vir die Russiese presidensie, het later gesê die voorval was die gasheer se skuld, en dat die beraad nie so goed georganiseer is as wat verwag is nie. “Die Suid-Afrikaners organiseer sokker beter. Daar is baie verwarring,” het Peskov gesê met verwysing na die Sokker-wêreldbeker in 2010.

Die Suid-Afrikaanse sekuriteitswagte het glo ook onredelik opgetree teenoor Rusland se diplomate, en het glo gereeld die deure voor Sergey Lavrov, Rusland se minister van buitelandse sake, en ander lede van die Russiese afvaardiging toegemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Die Suid-Afrikaanse militêre wagte moet nog leer dat daar so iets soos etiket bestaan asook bepaalde protokol geld wanneer baie hoë gaste hanteer word – en laat tog maar die aggressie en militantheid by die huis want hierdie afgevaardigdes is nie ‘n klomp rampokkers nie.

Berita Drescher ·

Wat n SKANDE!!! Dit kom van niks tussen die ore he en geen opleiding of enige ordentlike vooraf beplanning nie.

A Fourie ·

Die sekuriteit was defnitief nie opgewasse vir sy taak nie en behoort glad nie daar te gewees het nie. Hy moet eerder die plaaslike biersaal gaan oppas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.