Video: Bryan Habana jaag resies teen vliegtuig

Die video volg onderaan die berig.

Die legendariese Springbok-rugbyvleuel het wêreldwyd bekendheid verwerf nadat hy teen ʼn jagluiperd resies gejaag het. Hy het nou nuwe hoogtes bereik deur ʼn splinternuwe Airbus A380 van British Airways uit te daag.

Habana het in 2007 teen die jagluiperd resies gejaag in ʼn poging om die spesie van uitwissing te red. Hy het Woensdagoggend British Airways se “nuwe dier” vir ʼn 100m-wedloop die stryd aangesê.

Volgens Supersport.com weeg Habana week 95kg en is hy 1,80m lank. Sy teenstander weeg sowat 366 000kg, is 24m hoog, het ʼn vlerkspan van 80m en is 73m lank.

Ná die resies het Habana gesê: “Dit was ʼn taai stryd van man teen masjien. As die A380 eers volstoom aan die gang is, tel dit baie vinnig spoed op…”

Het hy dit reggekry? Klik op die video om die uitslag te sien. Britsh Airways het Woensdag ʼn video van die wedloop op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.