Video: “Buck Norris” ‘n internetsensasie

ʼn Bergfietsryer van KwaZulu-Natal het byna oornag ʼn internetsensasie geword nadat ʼn video wat wys hoe ʼn hartebees hom van sy fiets afspring, reeds meer as 5 miljoen keer op Youtube gekyk is.

Evan van der Spuy (17) het Sondag aan ʼn bergren naby Pietermaritzburg deelgeneem toe die hartebees oor hom probeer spring het. Van der Spuy se spanmaat was agter hom en het die voorval op video vasgelê deur middel van ʼn kamera wat aan sy fiets vasgemaak was. Dié video het intussen soos ʼn veldbrand versprei en is op internasionale nuuskanale soos ABC en CNN-nuus uitgesaai. Van der Spuy is intussen deur die internasionale media as “Buck Norris” gedoop. Die hartebees se hoef het Van der Spuy se valhelm getref. Hy het ligte harsingskudding opgedoen. Die hartebees is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.