Video: Bus tref ‘grypdief’

Die video volg onderaan die berig. ‘n Vermeende dief het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n bus hom getref het net nadat hy ‘n vrou se selfoon gegryp het.

Die voorval het Saterdag in Bogota, Colombia, plaasgevind en is op kringtelevisiekameras vasgevang, berig BBC.com. Die man het slegs geringe beserings opgedoen. Volgens die polisie het die man ‘n geskiedenis van diefstal.

Die vrou, wat haar aanvaller gehelp het, het weer haar selfoon teruggekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae