Video: Chad se pa geniet die roem

Chad le Clos met sy goue medalje wat hy tydens die 2012 Olimpiese Spele in Londen verower het.

Twee video’s volg onderaan die berig.

Bert le Clos, die Olimpiese swemmer Chad le Clos se pa, geniet sy nuutgevonde roem.

“Dit gebeur 30 jaar en 40 kg te laat. Mense stop my om ‘n foto te neem,” het Le Clos aan die Sunday Times gesê. Le Clos het dié week van die Verenigde Koninkryk teruggekeer nadat hy van die jaarlikse BBC Sportpersoonlikheid van die Jaar-toekennings bygewoon het.

Le Clos is vir ‘n toekenning as ‘n oorsese sportpersoonlikheid genomineer ná sy emosionele onderhoud op televisie tydens vanjaar se Olimpiese Spele. Bert het tydens die onderhoud die heeltyd “ongelooflik” geskree toe Chad die 200m-vlinderslag gewen het (sien video van die onderhoud onderaan die berig). Die BBC het uiteindelik die toekenning aan die Jamaikaanse naelloper, Usain Bolt, toegeken.

Bert le Clos sê egter sy gesinslewe het heeltemal verander sedert Chad gewen het. “Ek kan nog steeds nie glo wat gebeur het nie.” Bert het ook al in sy eie SuperSport-advertensie verskyn (sien video van die advertensie onderaan die berig). In die advertensie verskyn hy in ‘n aandpak en sing Nat King Cole se lied, Unforgettable, maar verander die woord na “ongelooflik” (unbelievable). “Ek is Nat King le Clos,” het Bert aan die koerant gesê. “Ek weet ek is nie ‘n goeie sanger nie. Dis nou nie Michael Bublé nie, maar ‘n vet ou van Pinetown.”

http://youtu.be/arcGHj2_nsA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.