Die Suid-Afrikaans gebore aktrise en Oscar-wenner Charlize Theron het Maandag in Pretoria samesprekings met president Jacob Zuma gehou oor die vordering in die stryd teen MIV en Vigs.
Die vergadering het gefokus op maniere om Suid-Afrika te help in sy pogings om ‘n gesonder leefstyl onder veral jong vroue en meisies te bevorder, en om uiteindelik MIV- en Vigsvry te leef.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.