Nina, ʼn negejarige sjimpansee van Chimp Eden, het Woensdag geskiedenis gemaak toe sy die eerste sjimpansee geword het om voor duisende mense wêreldwyd geboorte te skenk.
Volgens die Jane Goodall-instituut se Chimpanzee Eden Sanctuary buite Nelspruit in Mpumalanga is dit die eerste keer dat ʼn regstreekse beeldsending van dié aard gedoen is. ʼn Spesiale-webkamera het haar 24 uur per dag afgeneem vandat sy in haar knus kwarantynhokkie geplaas is in afwagting op dié spesiale dag. Beeldmateriaal van die kamera is regstreeks op die internet uitgesaai op www.chimpeden.com. Nina het Woensdag om 07:28 geboorte geskenk aan ʼn gesonde babaseuntjie. Die babatjie het nog nie ʼn naam nie, maar het alreeds vele harte gesteel.
Chimp Eden is ’n veilige hawe vir sjimpansees wat gerehabiliteer moet word. Nina is sewe jaar gelede van wildstropers in Suid-Soedan gered. Die stropers wou haar vir haar vleis doodmaak.
video bietjie swak maar die moeite werd