Video: Chinese robotjeep land op maan

Die diep spore wat Yutu op die maanoppervlak laat is duidelik te sien soos dit van die landingstuig wegry. Foto is 'n skermskoot van 'n rekenaarskerm van die Beijing Aerospace-beheersentrum in Beijing. Foto: Xinhua Marco Di Lorenzo/Ken Kremer

Die diep spore wat Yutu op die maanoppervlak laat is duidelik te sien soos dit van die landingstuig wegry. Foto is ‘n skermskoot van ‘n rekenaarskerm van die Beijing Aerospace-beheersentrum in Beijing. Foto: Xinhua Marco Di Lorenzo/Ken Kremer

Die video volg onderaan die berig. China het Saterdag die derde land geword wat suksesvol ‘n tuig op die maan kon laat land.

Die Chinese bevolking kon regstreeks op televisie volg hoe ‘n landingstuig, met ‘n seswieltuig genaamd “Yutu” aan boord, op die maan land. Die lansering het reeds op 2 Desember plaasgevind, maar die tuig, die Chang’e-3, het eers Saterdag by die maan aangekom.

Die robotjeep, “Yutu” of “Jade Rabbit”, het sewe uur nadat die landingstuig geland het, na die maanoppervlak gery en diep spore daarop getrap.

Yutu sal drie maande lank verkenningswerk op die maan doen, terwyl die sonkragpanele die sterkte van die son se uitstralings sal meet. Yutu kan heuwels van 30 grade uitklim en kan ‘n snelheid van 200 meter per uur bereik, volgens die navorsingsinstituut Shanghai Aerospace Systems Engineering.

Die Chang’e-3-sending is vernoem na die godin van die maan in Chinese mitologie. Yutu is na haar troeteldier vernoem. Meer as 3.4 miljoen mense het aanlyn deelgeneem om “Yutu” se naam te kies.

China hoop om in die volgende dekade ‘n bemande ruimtevlug na die maan te kan onderneem.

Die laaste keer wat ‘n tuig op die maan geland het, was in Augustus 1976 toe die Russiese Loena 24 op die hemelliggaam geland het.

Klik hier om meer te lees.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Hoofnuus, Nuus, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Jasper ·

En die res van die 1,3 biljoen “robotte” in China gaan aan met hul gewone geprogrameerde take.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.