Video: Coca-Cola-advertensie verbied

Owerhede in Brittanje het ‘n Coca-Cola-advertensie verbied omdat dit kykers glo mislei oor hoe maklik dit is om die kalorieë in ‘n blikkie Coke te verbrand.

Die advertensie, wat ook in Amerika vertoon word, wys ‘n verskeidenheid van aktiwiteite soos om met jou hond te gaan stap, om te dans en om te lag en sê dat dié aktiwiteite die 139 kalorieë, wat ‘n enkele blikke Coke bevat, verbrand. Die Advertising Standards Authority, wat advertensies in Brittanje reguleer, sê die advertensie dui nie duidelik genoeg aan dat al die aktiwiteite gedoen moet word om die 139 kalorieë te verbrand nie.

Sommige kykers wat gekla het, was glo van mening dat hulle net een van die aktiwiteite moes doen.

Coca-Cola het die ASA se uitspraak gekritiseer en gesê dat slegs 10 mense uit ‘n gehoor van nagenoeg 39 miljoen mense die advertensie-waghond gekontak het. “Die advertensie se doel is om aan mense te verduidelik hoe om hulle energiebalans te beheer. Gegewe die toenemende probleem van vetsug, glo ons dit is belangrik vir meer mense om dié inligting te verstaan,” het ‘n woordvoerder van die maatskappy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.