Video: Corrie Sanders se begrafnis

Honderde mense het Maandag by die NG kerk Wonderpark in Akasia byeengekom om eer aan Corrie Sanders te betoon.

Die 46-jarige voormalige swaargewigbokskampioen was verlede Saterdagaand by die Thatch Haven Country Lodge in Brits om sy broerskind, Michael Sanders, se 21ste verjaardagpartytjie te vier, toe rowers opgedaag en lukraak begin skiet het. Die rowers het klante by die restaurant van hul persoonlike besittings beroof. Sanders is tydens die voorval in die maag en hand geskiet en het Sondagoggend in die Kalafong-hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die video is deur eNuus op YouTube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.