Video: Cosatu wil hof toe oor “geheimhoudingswet”

Die vakverbond Cosatu sê hy sal die konstitusionele hof nader indien pogings om die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te wysig, onsuksesvol is.

Die sekretaris-generaal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, sê die vakverbond sal ʼn dringende vergadering met die leierskap van die ANC versoek om die wetsontwerp te bespreek. Vavi sê die ANC het nie reageer op ʼn brief wat Cosatu aan hulle geskryf het oor die wetsontwerp nie. “Ons sal president Jacob Zuma vra om nie die wetsontwerp goed te keur nie. Ons hoop om mekaar te vind in die kwessie maar indien dit onsuksesvol is sal ons die konstitusionele hof nader,” het Vavi aan verslaggewers in Johannesburg gesê. Hy sê die wetsontwerp in sy huidige vorm bevat talle voorwaardes wat die regte van toegang tot inligting ondermyn. Vavi is van mening dat ʼn openbare belange-verweer by die wetsontwerp ingesluit moet word. Die wetsontwerp is Dinsdag deur die Nasionale Vergadering in die parlement deurgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.