Video: Dié gaskoeldrank help glo met wingerdgriep

babelaasDie video volg onderaan die berig. Wetenskaplikes van China het nou moontlik ‘n kuur vir babelaas opgespoor.

Dié groep wetenskaplikes het 57 drankies, van kruietee tot gaskoeldranke, ondersoek voordat hulle bepaal het dat Sprite die beste resultate tot gevolg gehad het.

Hulle het aanvanklik ondersoek wat ‘n babelaas veroorsaak en bevind dat dit die liggaam se proses om die alkoholvlakke af te breek, is wat die naarheid en hoofpyn veroorsaak eerder as alkohol self.

Wanneer alkohol gebruik word, skei die lewer ‘n ensiem genaamd alkoholdehidrogenase (ADH) af, wat die etanol in alkohol afbreek tot ‘n chemikalieë genaamd asetaldehied (sodat minder alkohol die bloedstroom betree). Dit word dan in ‘n ander chemikalieë, genaamd asetaat afgebreek deur ‘n ensiem genaamd aldehied dehidrogenase (ALDH). Alhoewel die asetaat gewoonlik skadeloos is, veroorsaak asetaldehied die babelaassimptome.

Navorsers by Sun Yat-Sen Universiteit in Guangzhou het gevolglik verskeie drankies ondersoek om vas te stel hoe dit ADH en ALDH beïnvloed. ‘n Kruiedrankie van hempsaad verleng die ADH-proses en inhibeer die ALDH-proses.

Visit NBCNews.com for breaking news, world news, and news about the economy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sylvia ·

Dis goed om te hoor SPRITE is vir babelas het dit nooit geweet nie sal dit vir mense aan beveel wat ek ken

Jasper ·

Matigheid en baie water terwyl jy kuier en daarna.
As jy dalk so bietjie aspris was, dan doen n ou Grêndpappie nie te sleg nie.

Amy ·

Hou net matigheid voor oë, en jy sal nie met daai babelas sit nie. Een glasie wyn is mos genoeg. Of een glas bier. Buitendien, ek het nie drank nodig om ‘n lekker tyd te hê nie. Ek het al net sap en koeldrank om ‘n braaivleis vuur gedrink, en net so ‘n lekker tyd gehad as die wat bottels en bottels bier en brandewyn in hulle keelgate afgegooi het. (Natuurlik gelag vir die mannewales van die gesuiptes wat narre van hulself gemaak het.)

En nee, ek sê nie julle mag nie drink nie. Dis op die einde jul eie besluit.

Griet ·

Die ouens in ons kantoor sweer by “Cream Soda” vir ‘n teenvoeter. Seker nie te veel verskil tussen die twee nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.