Video: Die geboorte van 3 jagluiperdwelpies

Salome, die ma van die pasgebore welpies

Africam.com het op 2 Mei die geboorte van drie jagluiperdwelpies op die internet uitgesaai.

Dit was die amptelike bekendstelling van ʼn nuwe kanaal wat hom daarop gaan toespits om die vordering van die welpies – van hul geboorte tot hopelik die dag wat hulle weer in die veld vrygelaat word, op film vas te lê en in besonderhede te dokumenteer. Dié bedreigde wilde katte is ʼn nuwe toevoeging tot die Hoedspruit Bedreigdespesie-sentrum (HESC) wat reeds vir 20 jaar lank baanbrekerswerk in die bewaring van jagluiperds doen. Die geboorte van die drie welpies het vanaf 18:30 oor sowat vier ure gestrek.

Jy kan nou na ʼn regstreekse uitsending van die welpies kyk, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ilse Karsten ·

Fantastiese idee en so lekker om na te kyk….
Dankie dat julle dit met die wêreld deel!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.