Video: Die Grootste Afrikaner van Alle Tye word bekendgemaak

Foto: Phillip Bruwer

Maroela Media het onlangs by ‘n spoggeleentheid in Centurion die wenners in sy veldtog om die Grootste Afrikaner van Alle Tye aan te wys, bekendgemaak.

By die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees is Liewe Heksie as die Grootste Afrikaner in die fiktiewe kategorie aangewys. Paul Kruger is tydens die geleentheid deur Solidariteit se uitvoerende hoof, Flip Buys, as die Grootste Afrikaner van Alle Tye in die historiese kategorie aangewys, en Dirk Hermann, voorsitter van Maroela Media se direksie en adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het aangekondig dat Steve Hofmeyr met die louere wegstap as die Grootste Afrikaner in die eietydse kategorie.

Die beeldmateriaal is deur eNuus op YouTube gelaai. eNuus word elke aand om 19:00 op DStv, kanaal 144 uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.