Video: Die vlieënde Hollander

Jarno Smeets (31), ʼn ingenieur van Nederland, is die eerste man in die geskiedenis om ʼn suksesvolle vlug met selfgeboude vlerke af te lê.

Die vlerke is op die beweging en struktuur van egte voëlvlerke baseer, en word deur ʼn elektroniese stelsel wat Smeets self ontwerp het, ondersteun. Smeets het Sondag, 18 Maart, in ʼn park in The Hague opgestyg en vir ʼn minuut lank sowat 100 m ver gevlieg voordat hy veilig geland het.

Human Bird Wings is ʼn onafhanklike projek wat uit die persoonlike ambisie en visie van Smeets ontstaan het. “Selfs as klein seuntjie het baanbrekers soos Otto Lilienthal, Leonardo da Vinci en my eie oupa my inspireer.” Ses maande gelede het Smeets met sy navorsing begin. Hy het sy vlerke ontwikkel en gebou deur die ondersteuning van ʼn onafhanklike span wat hulself die Human Bird Wings-projek noem. Smeets het alles geblog en ʼn YouTube-kanaal begin. Hy bied aan sy volgelinge ʼn oopbron-konsep (open source concept) om voëlvlerke te bou. Deur insiggewende voorstelle uit sy gehoor het hy uiteindelik sy vlerke gebou. Met dié projek bewys Smeets dat moderne tegnologie en robotika skynbaar onmoontlike drome in werklikheid kan verander.

Maar is dit die volle waarheid? Dié webwerf trek Smeets se vlug in twyfel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.