
Foto: chicagotribune.com
‘n Video volg onderaan die berig. Een gebou naby Disney World in Florida, Amerika, sak al hoe dieper in die grond weg en ʼn ander gebou het reeds weens ʼn sinkgat in die omgewing ineengestort.
Gaste by die Summer Bay-oord in Clermont het Sondag laatmiddag kraakgeluide gehoor toe die grond onder hulle meegegee en vensters gebreek het, het die Orlando Sentinel berig. Nie een van die 36 gaste is beseer nie, het CNN berig.
Plaaslike media sê hulle het tussen 10 en 15 minute gehad om te ontsnap voordat hulle in die 18m-wye gat sou beland.
Sinkgate kom algemeen in Florida voor.
Klik hier vir nog foto’s.
http://youtu.be/D_A2WYkBAf4
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dis daai krop sirkel wat nou aan die gebeur is! Sien ek sê julle julle moet VSA laat weet. Nou is dit te laat.