Video: Dogtertjie kyk met nuwe oë na die lewe

Duané van Heerden

‘n Hele nuwe wêreld het vir ‘n tweejarige dogtertjie van Pretoria oopgegaan, te danke aan ‘n oogoperasie wat haar lewe verander het.

eNuus se liefdadigheidsprojek, eCap, in samewerking met kykNET en die Pretoria Ooginstituut, het verseker dat klein Duané van Heerden se skeel ogie herstel word. Duané en haar drie sussies bly in die Ebenaeser Kinderhuis, ‘n plek van veiligheid vir kinders en een van eCap se aanneemhuise.

Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Ek wens ek was baie jonger dan het ek die pragtige dingetjie vir my gaan vat. Weet nie wat die omstandighede is nie, maar so hartseer dat hulle net afgelaai is. Sy is so ‘n mooi ou dingetjie. Dankie vir die mediese personeel wat die lewe vir haar makliker gemaak het. God seën julle handewerk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.