‘n Hele nuwe wêreld het vir ‘n tweejarige dogtertjie van Pretoria oopgegaan, te danke aan ‘n oogoperasie wat haar lewe verander het.
eNuus se liefdadigheidsprojek, eCap, in samewerking met kykNET en die Pretoria Ooginstituut, het verseker dat klein Duané van Heerden se skeel ogie herstel word. Duané en haar drie sussies bly in die Ebenaeser Kinderhuis, ‘n plek van veiligheid vir kinders en een van eCap se aanneemhuise.
Dié insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.
Ek wens ek was baie jonger dan het ek die pragtige dingetjie vir my gaan vat. Weet nie wat die omstandighede is nie, maar so hartseer dat hulle net afgelaai is. Sy is so ‘n mooi ou dingetjie. Dankie vir die mediese personeel wat die lewe vir haar makliker gemaak het. God seën julle handewerk.
Baie dankie vir s’n positiewe berig!!!!