Karan Beef, die land se grootste verskaffer van beesvleis, sê die vleisskandaal het groot skade aan die bedryf berokken. Die verskaffer verwelkom egter die navorsing wat gedoen is om ongerymdhede uit te wys.
‘n Studie deur die Universiteit Stellenbosch het onlangs bevind daar is onder meer kangaroe-, perd- en donkievleis in verwerkte beesvleisprodukte, wat nié so op etikette aangedui word nie.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus op kykNET, Dstv-kanaal 144 elke aand om 19:00.