Video: Drie mense ernstig beseer na bus en motor bots

Foto: ER24

Drie mense is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal na ʼn botsing tussen ʼn bus en ʼn motor in die Durbanse middestad.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die bus het teen ʼn boom tot stilstand gekom nadat dit teen die motor gebots het. Die passasier in die motor het ernstige nek- en rugbeserings opgedoen en is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal geneem. Die bestuurder van die bus was in die wrak vasgekeer en moes met meganiese toerusting gered word. Hy is ook vir nek- en rugbeserings behandel voor hy na die hospitaal vervoer is. ʼn Vroue passasier op die bus is ook ernstig beseer. Talle ander passasiers op die bus is lig beseer en op die toneel behandel. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die video is deur die gebruiker ER24EMS op Youtube gelaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.