Video: Drie pare nr. 24-skoene vir langste man

Igor Vovkovinskiy by die paar nr.24s wat hy van Reebok af ontvang het.

Die langste man in Amerika het nou uiteindelik skoene gekry wat hom pas.

Igor Vovkovinskiy (30) van Minnesota in die VSA is 2.37m lank (7 voet 8 duim) en dra ‘n nommer 24-skoen (10 E-breedte). Reebok het Donderdag drie paar skoene aan Vovkovinskiy geskenk wat vyf maande geneem het om te maak en $25 000 kos. “Dit voel of ek op kussings of matrasse loop,” het Vovkovinskiy gesê.

Hy het al 16 voetoperasies ondergaan weens te klein skoene wat hy moes gedra het.

http://youtu.be/cI6Ncn6Te24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.