Video: “Dronk” Nelspruit-vrou maak twee keer amok

Die video’s volg onderaan die berig.

Mandy Doubt, ʼn vrou van Nelspruit, is twee keer op film afgeneem waar sy vermoedelik onder die invloed van alkohol in die stad gery het.

Doubt is in Julie 2011 in hegtenis geneem na ʼn hoëspoed-jaagtog deur Nelspruit se strate. Insp. Deon Fouché het opgemerk dat ʼn wit BMW aan die verkeerde kant van die pad ry, berig Look Local Lowveld. Na ʼn wilde jaagtog is sy uiteindelik naby haar huis aangekeer.

Doubt het verlede Donderdag weer in die hof verskyn op aanklagte van dronk en roekelose bestuur nadat sy op Nuwejaarsaand ʼn ongeluk met dieselfde wit voertuig gemaak het.

Jacques Meiring van Bossie’s Community Justice het Doubt in haar voertuig gekry kort nadat sy daarmee oor versperrings langs die pad gery het. Die video wys hoe sy deurmekaar lyk en ook aggressief teenoor Meiring optree.

ʼn Familielid het Donderdag in die hof gepleit dat die staatsaanklaers, Ngomane Mduduzi, Doubt moet laat opneem in ʼn rehabilitasiesentrum vir alkoholverslaafdes omdat sy glo weier om uit haar eie te gaan. Die saak duur 7 Februarie voort.

Bron: LookLocal Lowveld

http://youtu.be/NV9XxiVGCXc

http://youtu.be/Fuzfz4rkk4I

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.