Video: Duisende stap vir Afrikaans

Duisende inwoners en kinders van Pretoria het verlede Woensdagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom om hul trots en steun aan Afrikaans te wys.

Die geleentheid was ʼn gesamentlike inisiatief van die FAK, Laerskool Louis Leipoldt en die Polsslag Voortrekkerkommando en het uit ʼn fakkel- en pretloop bestaan.

Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, het tydens die byeenkoms gespog met die nuutste resultate in die sensusverslag wat daarop dui dat Afrikaans gegroei het en steeds die derde grootste taal in die land is. Maroela Media was ook daar, klik hier om foto’s van die geleentheid te sien.

Die beeldmateriaal is deur eNuus op YouTube gelaai. eNuus word elke aand om 19:00 op DStv, kanaal 144 uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

H J Bester ·

Hierdie poging van die FAK, Laerskool Louis Leipoldt en Polsslag Voortrekkerkommando om hul steun vir Afrikaans te wys, is lofwaarwaardig en verdien baie spesiale vermelding. Dis ‘n pragtige voorbeeld wat ook op ander plekke in die land nagevolg kan word.

Maar is dit genoeg om die voortbestaan van Afrikaans te versker in ‘n land waar die taal, veral van Owerheidsweë, nie altyd die ondersteuning kry wat dit behoort te kry nie – inteendeel, mens kry soms die indruk dat die Owerhede juis kliphard poog om Afrikaans op amptelike vlak, te wil uitrangeer. Verder is dit ook so dat in so ‘n multi-kulturele en veeltalige land soos Suid-Afrika, dit moeilik kan raak om byvoorbeeld ‘n taal te bly handhaaf veral as die Afrikaanssprekendes op baie vlakke moet meeding met ‘n wêreldtaal soos engels. Die vraag is wat kan verder as ‘n stimulus dien om die voortbestaan van die Afrikaans verder te verseker ?

Daar moet onthou word dat die reg van enige minderheid, in hierdie geval die taal van die Afrikaners, slegs gewaarborg kan word deur die meerderheid – dit meer so as daar nie doeltreffende konstitusionele beskerming bestaan nie. In Suid-Afrikaanse konteks mag hierdie stelling egter baie vergesog klink maar dit kan werk wanneer die Afrikaners hul taal, sonder om dit af te dwing, maar op spontane wyse sover moontlik oral te gebruik wanneer met anderstaliges omgegaan word. Op hierdie manier word daar tog begrip vir Afrikaans asook in ‘n sekere mate ‘n liefde vir die taal by andere gekweek. Dis is natuurlik wedersyds en moet die Afrikaners ook ‘n inheemse taal probeer aanleer of minstens sleutelwoorde leer en dit gebruik in gesprekke met anderstaliges.

Ek woon in ‘n buurland waar Afrikaans so ingeburger is onder die inheemse bevolking dat dit oral spontaan deur hulle gebruik word. Dis is moontlik die gevolg van ‘n uitreik wat daar in die verlede en steeds nog deur Afrikaners gemaak is om ‘n swart-taal aan te leer of minstens te wys dat ons nie vyandiggesind teenoor ‘n swart-taal is nie. Tydens die voorlaaste sensus wat hier plaasgevind het was Afrikaans die enigste taal wat in gebruikersgetalle gegroei het.

Probeer gerus herdie resep alhoewel dit nie in alle gevalle baie maklik sal wees nie – waar ‘n wil is, is ook immers ‘n weg !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.