Video: E-tol het almal warm onder die kraag

ʼn Poets uit die rolprent, Bustin’ Chops die Movie, is ʼn bewys dat Sanral se e-tolstelsel almal warm onder die kraag het.

Paul de Beer, oftewel Paul Hollywood, het Donderdag ʼn Cosatu-protesbyeenkoms teen die e-tolstelsel in Pretoria bygewoon en ʼn handgeskrewe wit plakkaat omhoog gehou met die woorde: “Stop moaning, pay e-toll” (hou op om te kla, betaal e-tol). Die rolprent word tans verfilm en dit is onbekend wanneer dit vrygestel gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Video: Bustin’ Chops-rolprent: pyn, pret en waaghalse : Draadloos

[…] Bustin’ Chops is ʼn eerste in sy soort in Suid-Afrika en volg Eugene en sy span in hulle poging om die eerste plaaslike waaghalsfliek te maak.  Hulle skiet mekaar met ʼn aartappelgeweer genaamd Tjoppie, eet vrot krokodileiers en doen hulself voor as voorstaanders van die e-tolprojek… te midde van ʼn optog daarteen. Maroela Media het destyds oor Paul se avontuur by die e-tolbetoging berig. […]