Video: E-tol se “musikale protes”

Die ontbytradio-omroepers van Jacaranda94.2 het in musikale protes ‘n gekskeerliedjie teen die omstrede e-tolstelsel die lig laat sien.

Toll me maybe is gebaseer op die treffer van Hollywood-popsensasie Carly Rae Jepson se Call me Maybe. “Die hele span van die Complimentary Breakfast maak hul verskyning in die video, en daar is selfs ʼn ekstra verrassings,” het Rian van Heerden, die hoofomroeper, aan Maroela Media gesê. Rian het glad nie ‘n tekort aan vlymskerp-sêgoed nie, maar oor die geheim wou hy nie veel uitlaat nie. Rian sê lesers moet maar eerder die video kyk om dit te sien. “Geen, maar geen, video is klaar sonder ʼn kaboutertjie nie,” het hy wel aan Maroela Media verklap.
Toll me Maybe is Dinsdag deur Jacaranda94.2 op YouTube gelaai en is reeds meer as 17 000 keer gekyk. Die oorspronklike video van Call me Maybe volg onder die gekskeerliedjie.

http://youtu.be/mbRdZHbSJaM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.